Dr. Suenette Kotzé

Dragtigheidstoetsing | Kunsmatige Inseminasie | Gesondheidsorg

Dr. Suenette Kotzé het in Moorreesburg grootgeword en in 2007 aan Hoërskool Dirkie Uys gematrikuleer. Haar liefde vir diere en die landbou het haar na Onderstepoort geneem, waar sy in 2014 as veearts (BVSc) gekwalifiseer het. Na ’n paar jaar se waardevolle ondervinding by verskeie praktyke, het sy in 2020 haar eie praktyk, Korhaansrug Dieregesondheid, op haar pa se plaas begin. Vandag fokus sy met passie op plaasdieregesondheid, met ’n besondere belangstelling in skape en die unieke uitdagings van produksiediere in die Wes-Kaap. Sy het ook in 2015 ’n internskap in perde voltooi en beskik oor ervaring in troeteldiermedisyne, wat haar ’n veelsydige en praktiese benadering tot veeartsenykunde gee. By Korhaansrug Dieregesondheid staan persoonlike diens, eerlike advies en ’n liefde vir die boerderygemeenskap sentraal.